Saturday 2 July 2016

DIE BETROUBAARHEID EN OUTENTIEKHEID VAN ONS NUWE TESTAMENTIESE GESKRIFTE

DIE TEMPEL VIR CASTOR & POLLUX WAT IN DIE ROMEINSE FORUM GEBOU IS
484vC


Ek het hierdie foto van die tempel wat in die Romeinse Forum in omtrent 484vC opgerig was, geneem. Dit was ter ere van die beskermengelle vir die seevaarders. 

Die uithangbordjie oor Castor en Pollux


Het jy al gehoor van die skip met die snaakse naam CASTOR & POLLUX? Wel, Paulus het daarop na Rome gevaar om daar verhoor te word. Jy onthou seker hoe Paulus gearresteer was vir sy opruiende prediking en toe verhoor was? Skielik beroep Paulus hom op die Keiser. “Agrippa het vir Festus gesê: “Hierdie man kon vrygelaat gewees het as hy hom nie op die keiser beroep het nie.” [Lees dit in Handelinge 26:32 & 28:11 – lees sommer die hele hoofstuk].

Ds Chris Du Preez het al in een van sy preke verwys na Jesus wat ‘n boodskap vir “… daardie jakkals …” gestuur het [Lukas 13:32]. Waarom het Christus die volgende snaakse woorde gesê: “… dit kan nie gebeur dat ’n profeet buite Jerusalem omkom nie.”? Christus het doelgerig Jerusalem toe gestap, reguit na Sy dood toe. Ek dink dat Flavius Josephus agtergrond verduideliking hiervoor het. Christus was getrou aan die wet van Moses - getrou tot in die dood om ons vry te maak.

Hoe bring ek dit by Josephus uit? 

Kom luister Maandagaand 25 Julie 2016 om 18:00 in die Kerksaal van Parkkruin NG Familiekerk, Dundalklaan 13, Parkview wanneer ek hieroor gaan praat [en oor ander goeters].


0 comments:

Post a Comment