Friday 22 July 2016

DIE BETROUBAARHEID EN OUTENTIEKHEID VAN DIE NUWE TESTAMENTIESE GESKRIFTE

Dis die laaste uitnodiging voor Maandagaand. Ek hoop regtig jy kan dit maak; kom asseblief en gesels saam met ons.




Die snypunt van die Christelike geloof en enige ander godsdiens ter wêreld is die opstanding van Christus. As Hy nie opgestaan het nie, “… is ons verkondiging sinloos, en ook julle geloof sinloos. Boonop word ons as valse getuies vir God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus  opgewek het …” [1 Korintiërs 15: 14 – 15]. ‘n Valse getuie in ‘n hof is ‘n onding.

Wat het die Apostel Johannes gesien toe hy daar by Golgota gestaan het?
En toe verskyn Christus aan vrouens -  hulle getuienis was uiteraard onder verdenking en hulle sou nooit in ‘n hof kon getuig nie.

Is daar verdere leesstof beskikbaar oor hierdie onderwerpe? Ja – daar is. Ek beveel aan dat jy die webtuiste http://www.apologetics315.com/ opsoek en dit ernstig bestudeer. Moenie ‘n fout maak en dink dat hierdie goeters val uit die lug op ‘n mens nie. Dis harde werk. Tog daag ek jou uit om jou lewe hieraan te wy om Christus te soek en te volg.

Kom luister Maandagaand 25 Julie 2016 om 18:00 in die Parksig Kerksaal, Dundalk Laan, Parksig/Parkview wanneer ek hieroor gaan praat [en oor ander goeters].


0 comments:

Post a Comment