Tuesday 12 July 2016

DIE BETROUBAARHEID EN OUTENTIEKHEID VAN DIE NT GESKRIFTE: 'N UITNODIGING



Hoe betroubaar is ons Nuwe Testamentiese Skrifte? Hoe outentiek is dit? Miskien is dit vrae wat jy al gevra het of moontlik selfs jou eie navorsing gedoen het.

Christus het nie aan die kruis gesterf nie. Sy liggaam is deur Sy dissipels gesteel en vir Moeder Maria gegee wat dit na ‘n ander land geneem het – aldus Shlomo Piprz. Dis ‘n ou storie wat in 2014 deur ‘n Jood oor vertel is.

Ek het al gehoor dat Petrus beskryf was as ‘n redelike oningeligte visserman. Moenie dit glo nie. Hy was besonder goed onderleg in die Ou Testamentiese Skrifte – dit was immers die enigste Skrifte wat hulle destyds gehad het.

Petrus skryf aan die gemeente in die Diaspora en vertel hulle hy het die stem uit die hemel self gehoor “… toe ons saam met Hom op die heilige berg was. En dit het vir ons die boodskap van die profete nog meer bevestig.” [2 Petrus 1:18] Petrus verwys natuurlik na die gebeurtenis waaroor Matteus in Hoofstuk 17 skryf. Petrus was een van Johannes die Doper se dissipels. Dit beteken vir my dat die Doper sy dissipels goed opgelei het.

Die Doper was dié mens wat Christus drie keer uitgewys het as Messias sonder dat Christus ‘n woord met die Doper gepraat het.


As jy meer hieroor wil hoor moet jy Maandagaand 25 Julie 2016 om 18:00 kom luister want dan gaan ek onder andere hieroor praat. Daar gaan nog baie ander aspekte wees waaroor ek gaan praat. 

Dit vind plaas by die NG Gemeente Parkkruin Gemeenskapskerk, Dundalk laan, Parksig.

0 comments:

Post a Comment