Sunday 17 July 2016

DIE BETROUBAARHEID EN OUTENTIEKHEID VAN DIE NT GESKRIFTE

Generaal Titus Gaius se Triomfboog in die Romeinse Forum, Rome - dis reg langsaan die Colosseum. 

Wie is Flavius Josephus? En wat het hy te sê oor ons NT geskrifte? 

Dit lyk of Josephus die geskrifte van Paulus geken het want hy het daaruit aangehaal toe hy met die Grieke oor die liggaamlike opstanding uit die dood geargumenteer het. 

Het Christus aan die Kruis gesterf? Of was Shlomo Piprz reg dat die dissipels Sy liggaam in die nag kom steel het? Shlomo het immers hierdie bewering teenoor my gedurende 2014 gemaak – dis ‘n ou storie wat steeds die rondes doen.

Wat het van die geskrifte geword wat in die tempel was toe Generaal Titus Jerusalem verwoes het? Daar is ‘n redelike betroubare weergawe hieroor. 

As jy meer hieroor wil hoor moet jy Maandagaand 25 Julie 2016 om 18:00 kom luister want dan gaan Neels Coertse onder andere hieroor praat. Die ontmoeting is by Parkkruin NG Gemeenskapskerk, Dundalk Laan, Parkview – sommer stap afstand van die Dieretuin en die meer.

Jy hoef nie in die verleentheid te wees oor die outentiekheid en betroubaarheid van ons NT Geskrifte nie

0 comments:

Post a Comment