Dis die laaste uitnodiging voor Maandagaand. Ek hoop regtig jy kan dit maak; kom asseblief en gesels saam met ons.
Die snypunt van die
Christelike geloof en enige ander godsdiens ter wêreld is die opstanding van
Christus. As Hy nie opgestaan het nie, “… is
ons verkondiging sinloos, en ook julle geloof sinloos. Boonop word ons as valse
getuies vir God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het …” [1 Korintiërs 15: 14 –
15]. ‘n Valse getuie in ‘n hof is ‘n onding.
Wat het die Apostel Johannes
gesien toe hy daar by Golgota gestaan het?
En toe verskyn Christus aan
vrouens - hulle getuienis was uiteraard
onder verdenking en hulle sou nooit in ‘n hof kon getuig nie.
Is daar verdere leesstof
beskikbaar oor hierdie onderwerpe? Ja – daar is. Ek beveel aan dat jy die
webtuiste http://www.apologetics315.com/
opsoek en dit ernstig bestudeer. Moenie ‘n fout maak en dink dat hierdie
goeters val uit die lug op ‘n mens nie. Dis harde werk. Tog daag ek jou uit om
jou lewe hieraan te wy om Christus te soek en te volg.
Kom luister Maandagaand 25
Julie 2016 om 18:00 in die Parksig Kerksaal, Dundalk Laan, Parksig/Parkview wanneer ek hieroor gaan praat [en oor ander
goeters].